YouTube video

Draaie om die Son

Albert Immelman ·

Press Play to watch on YouTube. Playback may vary by country and device.

About this video

Liriek:

Liriek: Hoeveel draaie om die son is daar vir jou uitgemeet? Hoeveel jare het ek voor jy van my vergeet? Hoeveel winters het ons nog oor? Hoeveel somers lê daar nog voor? Die horlosie teen die muur veg stil teen elke uur, die dag breek oop, die donker tuur, die skaduwees kruip langer teen die muur, Hoeveel verlange sal ek moet verduur? Lig word donker, donker lig, en alles gaan verby vanaand. Hoeveel draaie om die son is daar vir jou uitgemeet? Hoeveel jare het ek voor jy van my vergeet? Hoeveel winters het ons nog oor? Hoeveel somers lê daar nog voor? Kaalvoet in die reën, jou vel was warm teen my die donder ver, en jy aan my sy Toe tel ons nie ure nie, toe was daar nog tyd, nou lê ek wakker en ek klou aan elke draai wat sluit Is die uurglas al leeg of is daar nog 'n kans vir een laaste draai, een laaste wenteldans? Hoeveel draaie om die son is daar vir jou uitgemeet? Hoeveel jare het ek voor jy van my vergeet? Hoeveel winters het ons nog oor? Hoeveel somers lê daar nog voor? Dag en nag, koue en vuur, liefde en woede, net 'n uur, alles draai, alles spin, en ek vind jou weer, weer van voor af begin. Laat die son ons verbrand, laat die ryp ons maar byt, ek hou jou vas, ek hou jou vas in hierdie bietjie tyd. Hoeveel draaie om die son is daar vir jou uitgemeet? Hoeveel jare het ek voor jy van my vergeet? Net nog een winter saam met jou, en 'n duisend somers in die blou. Dag en nag, koue en vuur, 'n duisend somers in die blou… Hierdie lied het nie by ’n lessenaar begin nie. Dit het begin by ’n stil besef. Om iemand wat jy liefhet stadig te sien vergeet… nie alles op een slag nie, maar stukkie vir stukkie… tot die herinneringe wat julle gedeel het, net vir jóú oorbly. Dis ’n vreemde ding, om langs iemand te sit wat nog daar is in liggaam, maar waarvan die siel al begin wegdryf het. “Draaie om die son” is gebore uit daardie ervaring. Uit die vrae wat mens nie kan antwoord nie. Uit die vrees van hoeveel tyd daar nog oor is… en hoeveel reeds verlore is. Miskien is dit hoekom die lied so vra: hoeveel draaie om die son is daar nog vir ons uitgemeet? As hierdie lied jou raak, hou dit naby. ❤️ Hierdie liedjie gebruik KI-ondersteunde musiekproduksie. Die lirieke, konsep, emosionele rigting en kreatiewe leiding is deur die skepper geskryf en bepaal. KI is as hulpmiddel gebruik om die musiek en produksie tot lewe te bring.
Channel
Albert Immelman
Uploaded
9 March 2026
Duration
4 minutes 11 seconds
Source
YouTube

More from Albert Immelman